Bring&Braai is die eerste braai-kompetisie op SA televisie en word elke Vrydagaand om 19h30 op DSTV kanaal 111 (kykNET) uitgesaai.
Die deelnemers aan Bring&Braai skryf in deur die Sondag koerant of deur middel van hierdie webblad.
In elke episode braai daar twee deelnemers teen mekaar uit en na twaalf episodes dring slegs die drie bestes deur na die finaal.
Die twee deelnemers per episode kan self besluit watse voorgereg, hoofgereg & nagereg hulle wil voorberei, solank dit net op die kole gedoen word.
Daar mag van geen gas of elektrisiteit gebruik gemaak word nie.
Tussendeur die braaiery word daar ook onderhoude met die deelnemers gevoer, om hulle op hul tone te hou en om vir die kyker n realistiese karakterontleding van elke deelnemer te doen.
Op Bring&Braai maak ons gebruik van n baie proffesionele beoordelaarsspan wat bestaan uit n paneel "executive chefs" van RoyalMnandi.
Hulle loer ook gereeld oor die deelnemers se skouers en vrae interessante vrae om al die braaiwenke vir jou te bekom.